

UItreik en evangelisasie
'Ons word geroep om die hande en voete van Jesus te wees, en Sy liefde en boodskap na diegene te bring wat hoop, genesing en redding nodig het.
Met uitreik tree ons buite ons gemaksone uit om mense te ontmoet waar hulle is—fisies, emosioneel en geestelik. Ons wil 'n lig in die duisternis te wees en die Goeie Nuus op 'n egte, medelydende en impakvolle manier te deel, nie net deur woorde nie, maar om die evangelie deur ons dade uit te leef, en God se liefde op 'n praktiese manier te wys. Of dit nou deur diens aan die behoeftiges is, deur gesprekke aan te gaan, of eenvoudig deur teenwoordig te wees, elkeen van ons speel 'n belangrike rol in die verspreiding van die boodskap van Christus.
Laat ons vandag doelbewus, in gebed en met vrymoedigheid uitgaan, in die vertroue dat God ons sal lei en die woorde sal gee om te sê. Laat ons oop wees vir wat Hy deur ons sal doen terwyl ons Sy liefde en boodskap met die wêreld deel.

ACK Community Connect
Ons spens/koskas se nuwe naam is ‘ACK COMMUNITY CONNECT’ en hierdie jaar gaan ons fokus daarop om Jesus se hande en voete te wees deur ons geloof prakties uit te leef.
ACK community connect bestaan uit vier uitreik bedieninge naamlik:
-
Care & Support outreach – wat fokus op die siek, vulnerable en mammas met nuwe babas, waar ons home-cooked meals gaan aflaai.
-
Community outreach – wat fokus op ons gemeenskap en gemeenskap projekte.
-
Christmas outreach – wat hierdie jaar die Auckland City Mission sal ondersteun.
-
Food/financial outreach – wat mense sal help en ondersteun in nood met kos pakkies en vouchers.

Nuwe Intrekkers
By ACK North Shore is ons 'n gemeenskap van mense uit alle lewensomstandighede, verenig deur die liefde en genade van Jesus Christus. Ons glo dat die kerk meer is as net 'n gebou of 'n diens—dit is 'n familie, 'n plek waar u kan behoort, groei, en God se teenwoordigheid persoonlik kan ervaar.
Ons wil 'n geestelike tuiste skep vir elk een uit ons gemeenskap wat ons besoek. Ons hoop dat elkeen hier tuis sal voel, God se liefde sal ervaar, en bemoedig en opgehef sal vertrek.
Is jy nuut in die omgewing en weet nie waar om in te skakel nie? Ons hoop dat u by ons tuis sal voel, of u nou 'n plek soek om te aanbid, u geloof te verken, of eenvoudig kontak wil maak.
