top of page

Dankoffers, Bydraes en Kollektes

Die volgende geleenthede word aangebied om maandelikse bydraes of offers tydens  eredienste te gee. Meeste mense dra deesdae nie meer kontant met hulle saam na die  eredienste toe nie en mis die geleentheid om te gee. Die volgende opsies is tydens die erediens in dankoffer tyd beskikbaar:

  • Kontant.

  • Selfoon toepassing (App). Skep die ACK North Shore as ‘n begunstigde en gebruik jou selfoon tydens die erediens.

  • Betaling met Eftpos masjien by die erediens soos in die verlede is nog ‘n verdere opsie. Dit kan voor of na die erediens gebeur.

 

​

Maandelikse dankoffers of gereelde dankoffers kan ook met ‘n bank oorplasing gedoen word – watter manier ook al die beste pas. Ons vertrou dat hierdie verskillende opsies offervaardigheid sal aanmoedig en dat elkeen met dankbaarheid

bydrae vir God se sorg en voorsiening.

 

​

Bank besonderhede van ACK North Shore

Naam:  The Afrikaans Christian Church of NZ North Shore

Rekening nommer: 02-0120-0096596-000

​​

​

Geld of offers wat in die gemeente se rekening inbetaal word teenoor ‘n naam en van, kwalifiseer vir die belastingsertifikaat aan die einde van elke finansiële jaar en ‘n 33.3% kan vanaf die IRD terug verhaal word.

bottom of page