top of page
bgImage

Uitreik


Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, 

en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; 

en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 

Mat 28:19

Die gemeente is geografies wyd verspreid daarom is die gemeente in verskeie zones ingedeel sodat daar onderlinge kontak kan plaasvind.

Kontak Persone: Theo Engelbrecht

E-pos: theoe@slingshot.co.nz


Ons reik aktief uit in ons gemeenskap, in terme van een of ‘n paar spesifieke programme (bv. ‘Bible in Schools’, bejaardes, gevangenes, bybelverspreiding, …). Die Alfa kursus word ondersteun en sterk aanbeveel vir geestelike groei en toerusting – veral met die doel om na buite uit te reik. Ons doen aktiewe evangelisasie onder soekers en buite-kerklikes in ons omgewing - hulle vind 'n geestelike tuiste by ons.


  • Evangelisasie
  • Nuwe Intrekkers / Verwelkoming
  • Uitreik na ons Gemeenskap


Hierdie Bediening is besonder aktief in die sin dat dit meestal die ‘eerste kennismaking’ van mense met ons gemeente is. Ook is dit veral vir mense die kontak met die kerk in New Zealand nadat hulle van Suid-Afrika hierheen gekom het. Gasvryheid is ‘n bybelse waarde en word geïnspireer met die woorde:


“Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves” (Heb 13: 2).


Gasvryheid behels meer as net die inskakeling van nuwelinge. Dit sluit in die hartlike en warme verwelkoming, groet, ontvangs van mense by die erediens en opmaak en uitgee van ‘n ‘welcome pack.’


Wat is nou lekkerder as vriendelike gesigte en ‘n gasvrye welkom-groet?


Is jy nuut in die omgewing en weet nie waar om in te skakel nie?


Kontak: Corrie Knoesen 0211865445 corrieknoesen@yahoo.co.nz

Juanita Opperman 02108463864 juanitamowatt@gmail.com

bottom of page